Wingrave kry groenlig vir ‘n naweek tuis

Gavin en Nadine Wingrave.

MBOMBELA – Gavin en Nadine Wingrave kan Sondag hulle eerste huweliksherdenking saamvier nadat hy vir die eerste keer sedert die aanval op hom, die groenlig gekry het om ‘n naweek by die huis deur te bring.

Wingrave kritiek na ‘n tweede aanval
Gavin het vroeg in September erge kopbeserings opgedoen toe drie mans hom oorval en met ‘n ysterstaaf bygedam het. Die paartjie het intussen besluit om die huis waar die aanval plaasgevind het, te verlaat en het elders blyplek te kry. Nadine wou weens vrees vir weerwraak, nie die ligging van hulle nuwe tuiste bekendmaak nie. Wingrave is in Augustus in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy ‘n aanvaller na bewering uit selfverdediging met ‘n mes doodgesteek het. Die teendeel van ‘n wraakaanval is steeds nie bewys nie.

Gavin Wingrave shares his traumatic prison ordeal 

“Ek kan nie met daardie herinneringe saamleef nie,” het Nadine aan Laevelder vertel. “Ek het sedert die aanval, nooit daarheen teruggekeer nie. Ek kan nie, dit voel nie meer soos my huis nie – dit het vir my dood geraak.”
Nadine vertel dat die dokters en terapeute wat Gavin versorg, uiters tevrede is met sy vordering. Sy spraak, wat weens die aard van sy beserings erg aangetas is, het al met behulp van spraakterapeute tot so mate verbeter, dat hy ‘n gesprek kan voer. Arbeidsterapeute is hard aan die werk om sy fisiese funksionaliteit te verbeter. Nadine vertel dat hulle selfs so ver gaan om hom te help om sy passie vir rotsklim aan te durf.
Alhoewel daar hierdie naweek ‘n heerlike piekniek ter viering van hulle eerste troudag is, is dit die vooruitsig om sy katte te sien, waarna hy die meeste uitsien. “Hy is baie erg oor sy katte en kan nie wag om hulle te sien nie,” sê sy.

  AUTHOR
Stefan de Villiers

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Wingrave-familie het weer hoop