Boosdoeners in Witrivier se dae is getel

Misdadigers sal voortaan moet ligloop aangesien die plaaslike AfriForum-buurtwagtak Vrydagaand ‘n patrollie-eenheid op die been gebring het wat nou sigbare polisiëring in die dorp sal verhoog.

Daar word ook verwag dat hierdie eenheid die gemeenskap sal verenig en samewerking tussen rolspelers in die veiligheidsektor sal verbeter.

Die vergadering het by die polisisiestasie plaasgevind en is deur AfriForum se buurtwaglede, verskeie sekuriteits-maatskappye en die polisie bygewoon.

Die verrigtinge het afgeskop met ‘n oorsig van wat van die dorp se misdaadtendense en spesifieke areas wat geteiken word.

DSC_4284_87708

Rolspelers het sommer daardie selfde aand daad by die woord gevoeg. Hulle het kort hierna die strate ingevaar en ‘n magsvertoning gehou.

Die besigste gedeeltes van die dorp is deur die konvooi gepatrolleer en verdagte optredes is ondersoek. Twee kuierplekke, waar probleme gereeld opduik, is ook deursoek. Beamptes het hierna gehergroepeer by ‘n sentrale punt in die dorp.

Hier is voertuie in verskillende sektore van die dorp ingedeel en elke span het sy sektor gepatrolleer. Verskeie mense is vir die besit van onder meer dwelms, gesteelde goedere en ongelisensieerde voertuie, gearresteer.

Wat hierdie patrollie uiters suksesvol maak, is die feit dat geen voorvalle van misdaad tot en met 02:00 Saterdag – toe die patrollie gestaak is – aangemeld is nie.

Die eenheid het uit 18 voertuie en ongeveer 35 lede bestaan. Hulle kon daarin slaag om gesamentlik sowat 800km te ry en het ongeveer 160 ure aangeteken.

Weens die groot sukses gaan AfriForum-buurtwag hierdie ‘n gereelde operasie maak en enige persone wat betrokke wil raak, kan enige een van die volgende persone kontak: Piet Skead by 082-959-1588; Karel van Staden by 083-293-0782; Johan Pelser by 084-880-8291 of Dian Pretorius by 082-818-0796.

 

  AUTHOR
Stefan de Villiers

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
‘n Week vol opwindende krieket gespeel

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: