Wingrave kritiek na ‘n tweede aanval

Gavin Wingrave.

Mnr. Gavin Wingrave (51) is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal, skaars ‘n maand nadat hy ‘n man na bewering uit selfverdediging doodgesteek het en gevolglik ‘n week in polisiehouding moes deurbring.
Hy is Maandagaand by sy huis in die Heidelvallei oorval. Die verdagtes is vort met sy beursie, selfoon, skootrekenaar en motorsleutel. Gavin het glo op 11 Augustus op ‘n grondpad in die Rocky Drift-omgewing gery, toe ‘n klip glo sy voertuig getref het. Toe hy uitklim om ondersoek in te stel, het ‘n verdagte hom na bewering oorval. In die gestoei het Gavin hom met ‘n mes gesteek. Die vermeende aanvaller het kort nadat nooddienste opgedaag het, aan sy beserings beswyk.

Charges dropped against Gavin Wingrave

Dit is onbekend of die jongste aanval hiermee verband hou.
Sy vrou, Nadine wat kort voor die voorval nog alleen by die huis was, sê dit het Maandag omstreeks 20:00 plaasgevind toe Gavin vanaf Mbombela teruggekeer het waar hy dansklasse gegee het. “Hy het uitgeklim om die hek toe te maak toe die verdagtes wat hom vermoedelik ingewag het, hom oorval en met ‘n onbekende voorwerp bygedam het,” het sy gesê.
Hy het verbete terugbaklei. Nadine, wat ten tye van die aanval buite die huis was, is deur een van die verdagtes agternagesit toe sy die huis ingevlug het.
Sy kon daarin slaag om die veiligheids-hek te sluit en het sodoende die verdagtes afgeweer. Sy het onmiddellik die plaaswag ontbied waarna ‘n soektog van stapel gestuur is.
Gavin is met ernstige kopbeserings na Rob Ferreira Hospitaal vervoer.

Gavin Wingrave still unconscious after farm attack
Geen arrestasies is nog gemaak nie. Sy beursie is Dinsdagoggend in ‘n nabygeleë plantasie opgetel.
“Dis een ding vir ‘n krimineel om in die tronk gesit te word, maar as jy weet jy is onskuldig, is dit ‘n heel ander storie.
“Toe daar aan my gesê is ek gaan tronk toe, was dit die slegste dag van my lewe. Toe die landdrosklerk vir my sê ek moet vir sewe dae in aanhouding bly, het dit gevoel of my bene wil meegee.
“Ek was alleen en ek wou skree, maar ek het geweet niemand gaan my help nie,” het Gavin kort nadat die saak
teen hom teruggetrek is, aan White River Post vertel.

Gavin Wingrave shares his traumatic prison ordeal 

Sy vrou het Maandag aan die koerant vertel dat dit voel of die lewe hulle net nie ‘n kans gee nie. “Net toe ons opstaan, is ons weer in die grond in getrap.”

  AUTHOR
Stefan de Villiers

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Wingrave-familie het weer hoop