Witrivier sakemane maak ‘n plan vir die Boesmanland

Boesmanland in die Noord-Kaap lok al jare lank groot getalle besoekers van oral oor. Hoewel dit ‘n droë streek is, hou dit nogtans ‘n unieke bekoring vir die duisende besoekers in wat jaarliks daar kom kuier. Dit is skaapwêreld hierdie waar net die gehardste mense en diere selfs in goeie seisoene stoei om te oorleef.

Nou, as gevolg van die droogte, is die kampe stofgetrap en kaalgestroop van enige groenigheid en ly boere groot verliese. Hulle vee vrek en vooruitsigte op voortbestaan word by die dag skraler.  “As die skape vrek, is daar niks oor om mee te teel nie,” sê Servaas Nieuwoudt. Hy en drie sakemanne, Deon Redelinghuys, Elvin Nel en PG Joubert het dus besluit ‘n boer maak ‘n plan en dat dit tyd is om ‘n verskil te maak.

Hulle het die Boesmanland-veevoerprojek begin om geld in te samel en vir skaapboere in die gebied voer aan te koop. So het hulle daarin geslaag om verlede maand 900 bale aan 26 boere te lewer. “Hierdie is nie ‘n eenmalige projek nie,” sê Joubert. “Ons beoog om dit deurlopend te bedryf om ook vir die toekoms voorsiening te maak,” voeg hy by. En dit is die rede waarom hulle ook in die Laeveld om
hulp aanklop.

Die voer word tans in Brits aangekoop en wanneer vervoerkoste bygereken word, beloop die totale koste ‘n beraamde R60 000. Elvin Nel se maatskappy, Nel Trans het die eerste vrag geborg en die voer afgelewer. “As ons die Laeveldgemeenskap kan kry om voer te skenk, sal dit baie help,” sê Redlinghuys. Een groot baal kos R100.

Meer belangrik, die manne soek mense wat met die vervoer kan help sodat meer geld vir die aankoop van die voer self beskikbaar kan wees.  Hulle is tans besig met ‘n motiveringsplan, waar die persoon wat die vervoer behartig, vergoed word met ‘n vrag sout om terug te bring Laeveld toe. So kan hulle help om van die koste te dek.

Enigeen wat belangstel om by die Boesmanland-veevoerprojek betrokke te raak, kan PG Joubert skakel by
083-255-9621 of Servaas Nieuwoudt by 083-448-9817 skakel.

  AUTHOR
Bombi Mavundza

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Wingrave kritiek na ‘n tweede aanval

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends: