Sestig sakke sout later

Peet en Nettie Ferreira (albei 81) baklei nie baie met mekaar nie, maar as dit die slag wel gebeur, is dit gewoonlik omdat die een net ’n bietjie te veel te sê het oor wat in die ander se kospotte aan’t kook is.

Die twee weet gelukkig ook hoe belangrik dit is om gou weer vrede te maak na so ’n ligte onderonsie. Hulle het immers meer as 60 jaar se oefening daarin, want dié bekende inwoners van Witrivier het op 4 Oktober hulle 60ste huweliksherdenking gevier.

Waar hulle op die bankie in hulle dogter, Ria de Jager, se koffi ewinkel sit, is dit opmerklik dat hulle die meeste van die tyd hande vashou en dikwels eers na mekaar kyk voordat hulle op ’n vraag antwoord.

Om konsensus oor ’n saak te bereik voor enige groot besluit geneem word, is dan ook een van hulle geheime om ’n verhouding só lank te laat werk, sê Nettie.

En hulle doen graag dinge saam, voeg Peet by. Benewens tye wat een van hulle in ’n hospitaal was, was hulle nooit sonder mekaar nie. Geen alleenvakansies of sulke dinge vir enige van die twee nie, glo hulle. Selfs as Nettie haarkapper toe gaan, ry Peet saam, beaam hulle seun Willie.

Dis ook nie sommer net vir bymekaarwees nie, hulle help mekaar in wat hulle doen, vervolg albei in ’n koor. Waar Peet van jongs af dinge vir Nettie so maklik moontlik gemaak het, veral toe hulle kinders nog klein was, haal sy self steeds elke oggend vir hom klere uit sy kas, pak sy sy goed in as hulle gaan kuier en skep sy vir hom kos in.

So is dit sedert hulle mekaar op ’n plaas naby Bapsfontein ontmoet en hulle onder ’n appelkoosboom lekker met mekaar begin gesels het. Hulle is kort daarna, op 21-jarige ouderdom, in Brakpan getroud en het hulle daar gevestig.

Nettie en Peet het drie kinders (wat nou reeds vir hulle ses kleinkinders en ’n agterkleinkind gegee het) en het in 1970 Witrivier toe verhuis nadat hulle sat geraak het vir die gejaagdheid van die stadslewe. Peet onthou vandag nog hoe die advertensie vir ’n vakature by Kudu Oil in ’n Engelse koerant (wat hy op die ingewing van die oomblik eendag na werk gekoop het) sy aandag getrek het.

Hy het jare as passer en draaier vir dié maatskappy gewerk, voordat hulle hul eie ondernemings op die dorp begin het.

Min inwoners van Witrivier weet nie vandag van Kraaines, wat reeds in 1983 deur hulle gevestig is nie. Hulle het ook van die Balconygastehuis ’n spogoornagplek gemaak, maar het reeds afgetree en woon nou in ’n gesellige kompleks op die dorp.

Maar hulle eerlikheid en hardwerkendheid is hul mooiste eienskappe, sê Ria en Willie asof uit een mond.

Hulle het ook ’n gesellige ouerhuis geskep waar die gesin die meeste dinge saam gedoen het. Vandag nog doen Nettie moeite om die familie bymekaar te hou – gewoonlik om die kospotte. Peet bak juis sulke lekker brood en Nettie se beesstertbredie is glo uit ’n ander wêreld…

Tydens die kuier saam met hulle, het hulle reeds daarna uitgesien om die 60 jare saam as familie te herdenk, anders as 10 jaar gelede, toe die paartjie die hele familie op ’n vakansie in Mauritius getrakteer het.

En verlede jaar, toe albei 80 jaar oud geword het, het hulle weer ’n groot funksie met vriende en familie gehou.

“Maak doodseker dat julle reg kies,” is hul raad vir jongmense wat hoop om ook so lank by mekaar te kan bly. “Respek is een van die belangrikste kenmerke van ware liefde. En jou maat moet jou kan laat lag,” beklemtoon hulle. “Om getroud te wees en te bly, moet tog mos heeltyd lekker wees!”

  AUTHOR
Mariana Balt
Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: